Hond kry aappokke, WHO waarsku

Deel hierdie storie / Share this story

Aappokke het vir die eerste keer voorgekom in ‘n hond in Parys Frankryk voorgekom wat die virus vermoedelik by sy eienaars gekry het.

Dit is die eerste keer wat dit gebeur. Die WHO het gevolglik gewaarsku dat diere weggehou moet word van mense wat aappokke het en dat van vullis wat deur sodanige mense gebruik is, veilig ontslae geraak moet word.

Daar is tot dusver geen bewyse dat honde die virus aan ander honde of mense kan oordra nie.

Die hond wat die virus gekry het, het in dieselfde bed as sy twee manlike eienaars geslaap.

Die mans het die merke op hulle hond opgemerk 12 dae nadat hulle simptome begin ervaar het.

Bronne: BBC, Jacaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Wetenskaplikes wil uitgestorwe Tasmaniese tier ‘terugbring’