Nicoleen Steyn het dié liefdesbriefie in ‘n ou Stephen King-boek gekry.
“My pa het rondom 2016 vir my ‘n boks vol van Stephen King se boeke gekoop. Hy het dit tweedehands by ‘n vrou in Benoni gekoop. Ek het dié briefie in die boek, Four Minutes Past Midnight, gekry. Die boks vol boeke was nie die vrou wie dit verkoop het s’n nie. My pa kan ook nie veel onthou van die vrou, behalwe dat sy in Benoni gebly het nie.”
Steyn vertel sy het reeds ‘n hardeband Four Minutes Past Midnight, maar sy het dié brief in die sagtebandboek gekry.
Sy sê die romantikus in haar wonder aan wie die boek behoort het en wie die brief geskryf het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



