Navorsers aan die Melbourne-universiteit in Australië en die VSA is van plan om die uitgestorwe Tasmaniese tier “terug te bring”.
Die laaste Tasmaniese tier is in die 1930’s dood.
Die span onder leiding van prof. Andrew Pask glo hulle kan stamselle van diere met DNA naby aan die Tasmaniese tier gebruik en genetika-tegnologie manipuleer om dié buideldier of iets soortgelyk aan die tier “terug te bring”. Kritici van dié span navorsers beskou hierdie poging om uitwissing te wil omkeer as blote wetenskapsfiksie.
Die plan is om dan die tier oor tien jaar in die natuur vry te laat.
Bronne: BBC, Daily Sun, Huffington Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Walrus van kant gemaak na kommer oor menslike veiligheid



