Fase 2-beurtkrag tot Donderdag ingestel

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom het fase 2-beurtkrag ingestel op Woensdag en Donderdag. Dit sal vandag om 16:00 begin en om 00:00 eindig en weer Donderdag van 16:00 tot middernag ingestel word.

Beurtkrag is ingestel nadat nog drie elektriese eenhede by Duvha, Kendal en Kriel gebreek het. Dit is ook as gevolg van die vertragings om die eenhede by Arnot, Kusile en Tutuka weer aan te sit.

Eskom het gesê hulle enige veranderinge met die publiek kommunikeer.

Bronne: BusinessTech, My Broadband

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Wetenskaplikes wil uitgestorwe Tasmaniese tier ‘terugbring’