5-jarige sterf na 38 migrante gestrand is op Turkse grens

Deel hierdie storie / Share this story

Die Griekse polisie het bevestig ‘n 5-jarige Siriese dogtertjie is oorlede nadat sy Maandagaand saam met 38 ander gestrande migrante in die Evros-rivier op die grens van Griekeland en Turkye gevind is.

Die Verenigde Nasies het gesê die groep – 35 uit Sirië en drie Palestyne – was verskeie dae in die militêre sone gestrand.

Die Griekse minister van migrasie het Turkye daarvan beskuldig dat hulle die migrante gedwing het om oor die grens te gaan “met die dreigement van geweld”.

Die Griekse polisie is op soek na die dogtertjie se liggaam sodat sy deur haar familie begrawe kan word. Sy is glo oorlede nadat sy deur ‘n skerpioen gesteek is.

Bronne: Euro News, The Scot Free

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 15 kinders oorlede in brand in Egiptiese kerk