‘n Sesjarige seun is vanoggend uit Vierde Laan Kensington ontvoer. Volgens kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap, word die omstandighede rondom die ontvoering ondersoek.
Na bewering het ses verdagtes, wat nog nie gearresteer is nie, met die kind gevlug.
Weens die sensitiwiteit van die voorlopige ondersoek sal geen verdere inligting bekend gemaak word nie.
Volgens die Kensington Community Platform Facebook-blad is die seun geïdentifiseer as die 6-jaar oue Shahnawaz Asghar. Hy is om ongeveer 08:00 voor sy woning in Negende Straat gevat. Hy is ‘n leerling aan die Primêre Islam-skool Hidayatul en is reeds op verskeie platforms as vermis verklaar.
Reece Abrahams, van die Kensington-gemeenskapspolisiëringsforum, vra vals inligting moet weerhou word, maar enige leidrade kan aan AO Smart by 082 850 9618 gegee word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



