Omtrent 15 kinders is oorlede tydens die brand in die Abu Sefein-kerk op Sondag wat 41 mense hulle lewens gekos het.
Meeste van die kinders was daar saam met hulle ouers en in die Sondagskoolklasse op die eerste vloer, waar die brand na ‘n elektriese wanfunksie in ‘n lugverkoeler uitgebreek het.
Die gesondheidsministerie het gesê meeste mense het omgekom van rookinaseming asook die stormloop veroorsaak deur mense wat probeer vlug het.
Bronne: BBC, River Bender
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



