‘n Skokkende video van ‘n onderwyseres wat in ‘n hewige stryery met ‘n leerling se ma betrokke is, word wyd op sosiale media versprei.
Die departement van onderwys in Gauteng het bevestig hy is bewus van die voorval wat Vrydag by ‘n skool in Gauteng plaasgevind het.
Die onderwyseres van die Sekondêre Skool Fred Norman staan in haar klaskamer en sy en ‘n leerling se ma is in ‘n woordewisseling betrokke.
Die departement sê hy is besig met ‘n ondersoek na die video van die voorval aan die lig gekom het.
Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê die onderwyseres is tydelik by die skool verwyder.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



