‘n Elektriese brand in ‘n Egiptiese kerk tydens Sondag se diens het die lewens van ten minste 41 mense geëis. Die meeste van die slagoffers was kinders.
Die brand het Sondag net voor 09:00 in die Aby Sifin-kerk uitgebreek waar omtrent 1 000 mense bymekaar was.
Die brand het ‘n ingang geblokkeer wat ‘n stormloop van mense veroorsaak het, wat tot die dood van ten minste 41 mense gelei het.
Die brand het glo begin as gevolg van ‘n elektriese wanfunksie in ‘n lugverkoeler.
Die meeste sterftes was as gevolg van rookinaseming.
Bronne: SABC, Reuters, Business Recorder
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



