Zandile Mafe, die man wat glo verantwoordelik was vir die brand by die parlementsgebou, se saak is uitgestel tot 2 September nadat dit aan die lig gekom het dat hy op ‘n hongerstaking is en weier om sy tronksel te verlaat.
Sy prokureur, Luvuyo Godla, het gesê hy het glo nie geweet dat Mafe op ‘n hongerstaking is nie en hy het gevra dat die saak voortgaan sonder sy kliënt, maar sy versoek is van die hand gewys.
Mafe is in Junie formeel deur die Kaapstadse Magistraatshof aangekla van huisbraak met die doel om brandstigting te pleeg, brandstigting, diefstal en terrorisme.
Bronne: Cape Times, Briefly, Sunday World
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Olivia Newton-John gaan staatsgedenkdiens kry in Australië



