‘n Walrus van Noorweë genaamd Freya is Sondag van kant gemaak nadat mense te naby aan haar gekom het ten spyte van talle waarskuwings om hulle afstand te hou.
Freya, ‘n 600 kilogram walrus wat gereeld op bote geklim het en dit gesink het, was gesteur deur ‘n skare mense wat te naby aan haar gekom het om foto’s te neem.
Amptenare was bekommerd dat Freya aggressief gaan raak en iemand gaan seermaak en daarom het hulle besluit om haar van kant te maak eerder as om haar te verskuif.
Gewoonlik val walrusse, ‘n beskermde spesie, nie mense aan nie.
Bronne: BBC, Business Insider
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



