Voormalige onderwyser skuldig aan seksuele aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Voormalige onderwyser (58) van die Sekondêre Skool Groot-Brakrivier is Vrydag 12 Augustus tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis op ‘n aanklag van seksuele aanranding.

Die beskuldigde het in die Mosselbaai-streekhof verskyn.

Die aanklag spruit uit ‘n voorval in 2018 waartydens die beskuldigde ‘n 12-jarige meisie wat in dieselfde woonstelgebou as hy op Mosselbaai gewoon het, seksueel aangerand het, berig Rekord.

Die onderwyser het tot onlangs nog by dié skool leerders onderrig.

Die saak is suksesvol ondersoek deur die ondersoekbeampte, AO Alistair Rezant, wat verbonde is aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.

 Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel