Iran se leier, Ayatollah Ali Khamenei, het gesê die skokaanval op skrywer Salman Rushdie was sy eie skuld omdat hy glo die Moslem-geloof beledig het in sy boek Satanic Verses. Die stelling het woede in die VK ontlok.
Iran het reeds hulself van die aanvaller gedistansieer.
Salman Rushdie is Vrydagaand in New York aangeval toe hy reggemaak het om ‘n lesing oor vryheid van spraak te lewer.
Sy een oog en een arm se senuwees is aangetas en sy lewer is in die aanval beskadig.
Bronne: Daily Mail, News X
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: JK Rowling gedreig op Twitter na steun vir Salman Rushdie



