JK Rowling se lewe is bedreig op Twitter nadat sy ‘n plasing gedoen het oor die aanval op Salman Rushdie wat Vrydag met ‘n mes by ‘n literêre gebeurtenis gesteek is.
Sy het in haar plasing gesê dat dit aaklige nuus is en sy hoop hy is oukei en toe antwoord ‘n ander gebruiker: “Moenie bekommerd wees nie. Jy is volgende”.
Sy het dit dadelik aan Twitter rapporteer en die polisie is glo betrokke.
Die gebruiker het glo die man wat Rushdie gesteek het geprys vir die daad.
Rushdie het skade aan sy lewer en die senuwees in een oog en in sy een arm is in die aanval beskadig. Hy is ook op ‘n ventilator geplaas.
.@TwitterSupport any chance of some support? pic.twitter.com/AoeCzmTKaU
— J.K. Rowling (@jk_rowling) August 13, 2022
Bronne: Cape Talk, The Celeb Post, Twitter
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Watervlakke maak dit moeilik om vasgekeerde mynwerkers te red



