Care for Wild Rhino Sanctuary is ‘n nie-winsgewende organisasie wat roem as die grootste renoster reservaat wat spesialiseer in die redding, rehabilitasie, vrylating en beskerming van renosters in hul sorg. Hul is ten doel om wees kalwers wat deur stropers kwesbaar agtergelaat word, ‘n tweede kans te gee.
Die reservaat het opgewonde op hul Facebook-blad aangekondig dat hul derde renoster-kalf gebore is.
“Olive, die 9-jaar oue wit renoster koei het vanoggend om 07:50 ‘n manlike kalf in die wêreld gebring.”
Volgens hul plasing is Olive se ma in 2013 deur stropers vermoor terwyl sy net 10 maande oud was, en sy daarna by die reservaat kom bly het. Sy was een van die eerste renosters wat haar rehabilitasie program voltooi het.
Kyk hier is die kalfie 24 uur oud.
Die kalf wat nou gebore is, is die derde van twee wees renosters van die reservaat, en het Storm vir die derde keer pa geword.
Die geboorte is die eerste wat by die reservaat op video vasgevang is, en is daar later ‘n langer video op aanvraag geplaas.
Binne 24 uur was daar ‘n opdateringsvideo wat sê dat baba en mamma goed doen, en hy drie ure na geboorte begin drink het, en na 48 uur weer een waar hy sy ouer broer Pebble (nou 5 maande oud) ontmoet het. Hulle word deurtentyd gemonitor waar hulle in die Intensive Protection Zone gehou word.
Kyk hier is die kalfie 48 uur oud.
Besoek hul webtuiste om hul passie vir die diere te aanskou waar jy selfs ‘n renoster kan aanneem en oor hul visie en missie kan lees.
Die woorde Save Rhinos, To Save People, to Save Tomorrow pryk pertinent op hul webtuiste.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



