Marius de Lange (57) se dokter by Chris Hani Baragwanath-hospitaal het vir hom gesê hulle kan hom eers in 2026 met knievervangings kan help.
Volgens Virginia Keppler van Rea Thusa/We Help hoop sy dat daar iemand is wat Marius kan help om die broodnodige operasies te ondergaan.
“Marius is een van duisende mense wat op waglyste regoor die land is. Waarheen is die land op pad?”
Marius ly aan rumatoïede artritis en beweeg moeilik met krukke omdat dit sy knieë reeds erg aangetas het. Hy is veronderstel om elke ses weke ‘n opvolgafspraak na te kom, maar nie net beweeg hy moeilik nie, maar moet hy 260 km heen en weer reis, wat hy nie kan bekostig nie. Elke keer word hy teleur gestel as hy hoor daar kan nou niks vir hom gedoen word nie. Om hierdie rede was hy Oktober laasjaar laas by die hospitaal.
“En so sit Marius nou in sak en as en wag op 2026 of op sy dood van die pyn.”
Volgens Marius weet hy nie hoeveelste hy op die waglys is nie, maar elke keer wanneer hy die hospitaal bel, hoor hy dat hy eers in 2026 gehelp kan word.
“Marius se knieë is nou al erg misvorm en hy meen die pyn gaan hom nog eerste doodmaak voordat hy by 2026 uitkom.”
Volgens Marius is sy menswees so aangetas dat hy te skaam is om iewers heen te gaan.
“Ek het kommentaar op my plasing gesien, waar mense aanbeveel dat ek ‘n mediese fonds moet uitneem. Die waarheid is dat ek dit nie kan bekostig nie. Die keuse lê tussen eet om te oorleef en ‘n mediese fonds.”
Daar is ‘n Back-A-Buddy-profiel vir Marius geskep vir enige persoon wat hom wil bystaan.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



