Moet jy jou voertuiglisensie hernu?

Deel hierdie storie / Share this story

Jy kan nou jou voertuiglisensie deur WhatsApp hernu danksy ‘n nuwe vennootskap tussen Supa Quick en Disky.

Om jou voertuiglisensie te hernu, gaan jy ‘n Supa Quick-winkel moet besoek en die Disky QR-kode met jou foon skandeer en klik op send.

Jy sal dan ‘n WhatsApp-boodskap ontvang, instruksies kry en die betaling kan maak en vyf tot 10 werksdae later kan jy jou lisensie by Supa Quick gaan haal.

Alle tipes voertuiglisensies kan so hernu word.

Bronne: IOL, The Citizen, Jacaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Hond kry aappokke, WHO waarsku