Sassa – hou persoonlike inligting vir jouself

Deel hierdie storie / Share this story

Die staatsdiensagentskap Sassa het Sassa-afhanklikes op sy Facebook-blad SASSA News gemaan om hul persoonlike besonderhede te beskerm, en aan niemand te gee nie.

Volgens die plasing word die kantoor oorval met oproepe van kliënte wat hul aantekenbesonderhede (log in details) aan ‘n vermeende Sassa-amptenaar gegee het.

Hierdie vermeende amptenaar het nadat die inligting aan hom verskaf is, die kliënte se selfoonnommers en bankbesonderhede na sy eie inligting verander.

“Ons versoek kliënte om waaksaam te wees en nie hul persoonlike inligting aan enigiemand te gee nie. Sassa sal nooit vir ‘n kliënt se persoonlike inligting, veral op sosiale media, vra nie.”

Sassa het gevra dat Facebook-bladsye vanwaar die beweerde amptenaar werk, gerapporteer moet word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel