Twee mans wat glo ‘n vrou probeer beroof en ontvoer het, is glo deur woedende Limpopo- gemeenskapslede in Siloam doodgebrand.
Die vrou het om hulp geskree toe die mans haar beroof en probeer ontvoer het. Dit het mense laat besef iets is fout. Toe hulle nadergaan, het sy weggekom en haar aanvallers het probeer vlug.
Die slagoffer se broer het vertel dat die aanvallers weggejaag het in ‘n wit Toyota Etios, maar hulle het beheer verloor oor die voertuig en dit het gerol.
Gemeenskapslede het op die toneel aangekom en hulle aangerand voordat hulle die kar aan die brand gesteek het terwyl die mans nog binne-in was.
Twee mans het doodgebrand en die derde man is deur die polisie gered. Hy het Donderdag in die Dzanani-landdroshof voorgekom.
Die saak uitgestel terwyl die ondersoek voortduur.
Bronne: IOL, Sowetan Live
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Gauteng-pastoor se liggaam na jaar steeds in lykshuis



