Gauteng-pastoor se liggaam na jaar steeds in lykshuis

Deel hierdie storie / Share this story

Pastoor Siva Moodley se liggaam is steeds in die lykshuis in Fourways, Gauteng, terwyl sy gesin wag dat hy terugkom van die dood.

Moodley is op 15 Augustus 2021 oorlede nadat hy siek geword het. Van daar af is sy liggaam gehou by die Martin’s begrafnisonderneming terwyl sy familie ‘n maand lank daar gaan bid het dat hy moet terugkeer uit die dood.

Hulle was die laaste keer in September 2021 daar, maar daar is geen reëlings vir ‘n begrafnis getref nie.

Die eienaar van die begrafnisonderneming het ‘n aansoek by die Johannesburg-landdroshof ingedien om Moodley te veras of begrawe.

Bronne: IOL, Soeknet

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: CCTV wys gesigte van verdagtes van Soweto-taverneskietery