CCTV wys gesigte van verdagtes van Soweto-taverneskietery

Deel hierdie storie / Share this story

CCTV-beeldmateriaal wys hoe vyf mans in ‘n straat in Soweto loop met vuurwapens sigbaar in hulle hande. Vier van die mans het pistole en een het ‘n AK47. Hulle gesigte is duidelik sigbaar.

In die beeldmateriaal sien mens hoe hulle in die straat af verdwyn en minute later is 14 mense doodgeskiet in die Mdlalose-taverne.

Nege mense is beseer en twee is later in die hospitaal oorlede.

Die verdagtes het glo na Johannesburg gevlug.

Bronne: Sowetan LIVE, Head Topics, Ghanamma

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Menslike oorskot in tasse, Nieu-Seeland, was twee klein kinders