Die polisie in Nieu-Seeland het bevestig die menslike oorskot wat gevind is in twee tasse, wat op ‘n veiling verkoop is, die oorskot van twee klein kinders was.
Die oorblyfsels van die liggame was moontlik vir jare in die tasse in ‘n stoorplek en dit word vermoed dat die kinders tussen 5 en 10 jaar oud was toe hulle oorlede is.
Items wat in die tasse gevind is, word bestudeer in die hoop dat dit sal help om die kinders te identifiseer.
Die stoorplek en eiendom waar die tasse geberg was, is deeglik deur forensiese kenners ondersoek.
Bronne: BBC, The Times, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



