Menslike oorskot ontdek in tas op veiling verkoop

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Nieu-Seeland is besig om ‘n moordsaak te ondersoek nadat ‘n gesin menslike oorskot in ‘n tas gekry het wat hulle by ‘n stoorplek se veiling gekoop het.

Die familie het die grusame ontdekking gemaak toe hulle die tasse begin oopmaak en uitpak het.

Die polisie het ‘n moordondersoek geloods en probeer nou om die slagoffer se identiteit vas te stel.

Hulle het gesê dit gaan ‘n ruk neem om die identiteit van die slagoffer vas te stel en die familie in te lig.

Bronne: BBC, The Guardian

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 15 kinders oorlede in brand in Egiptiese kerk