Die liggaam van die twaalfjarige Kubu Mahilo wat Saterdag saam met Kotsema Ramaru (8) in die Seshego-dam in Limpopo verdrink het, is eindelik gevind.
Lt.-kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die seun se liggaam is Maandag deur polisieduikers gevind.
“Die agtjarige se liggaam is Saterdag reeds opgespoor.”
Die twee seuns het na bewering saam met vriende in die dam geswem toe die verdrinking plaasgevind het.
Die seuns het op ‘n dryftoestel op die dam gedryf toe die toestel omgeslaan het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



