Ezra Miller, ster van die Fantastic Beasts-films, het glo begin met behandeling vir hulle “geestesgesondheidskwessies”.
Die ster het in ‘n stelling om verskoning gevra vir almal wat ontsteld was oor hulle onlangse optrede.
Miller is onlangs aangekla van ‘n inbraak in Vermont en is twee keer tevore in Hawaii gearresteer. Miller word ook beskuldig daarvan dat hulle onvanpas opgetree het teenoor ‘n 12-jarige en dat hulle ‘n 18-jarige gebreinspoel en groom het.
Albei meisies het nou ‘n beskermingsbevel teen Miller.
Daar is spekulasie dat The Flash, die film waarin Miller die titelkarakter speel, gekanselleer kan word na die onlangse skandes waarin hy betrokke was.
Bronne: BBC, Huffington Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: JK Rowling gedreig op Twitter na steun vir Salman Rushdie



