‘n Student (23) is op 31 Julie by haar studentewoning in Mahatma Ghandistraat in Durban doodgesteek. Die polisie kon nou ‘n verdagte identifiseer.
Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die polisie is die dag van die moord omstreeks 07:30 na die toneel ontbied waar ‘n 23-jarige student verskeie keer met ‘n voorwerp in haar bolyf gesteek is.
Xolile Mbatha is op die toneel dood verklaar.
“‘n Lasbrief vir die inhegtenisname van Bongani Sanele Mlambo (28) is uitgereik,” sê lt.kol. Gwala. “Dis nie seker waar hy op die oomblik is nie.”
Die polisie doen nou ‘n beroep op die gemeenskap om met enige inligting na vore te kom wat kan help om die verdagte in hegtenis te neem.
Kontak sers. Xulu by 031 367 4012 of 082 720 9592.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



