Die 28-jarige Siphokazi Makana, ‘n ma van Wesbank in Kaapstad, is op 31 Julie vanjaar vermoor.
Makana se liggaam is die Sondag in Julie gevind na haar kêrel haar vermoedelik vermoor het. Haar liggaam is glo na haar dood gewas en gedeeltelik aangetrek.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ‘n moordsaak.
Makana se 23-jarige kêrel is in hegtenis geneem en het op 2 Augustus in die hof verskyn.
Die saak is tot 18 Augustus uitgestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



