Andrew Tate verban van Facebook en Instagram

Deel hierdie storie / Share this story

Andrew Tate, ‘n beïnvloeder (influencer) en voormalige skopbokser, is verban van Facebook en Instagram na hy hulle beleide oortree het.

Tate het in 2016 “beroemd” geraak toe hy van die televisieprogram Big Brother verwyder is na ‘n video verskyn het waarin dit lyk of hy ‘n vrou aanval.

Hy het aanlyn bekend geraak met Twitter wat hom verban het nadat hy gesê het vrouens moet “verantwoordelikheid” daarvoor neem as hulle seksueel aangerand word.

Meta het Tate verwyder van al hulle platforms omdat hy die beleid oor gevaarlike organisasies en individue oortree het, maar geen verdere besonderhede is gegee nie.

Bronne: BBC, Daily Motion, NBC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: John Steenhuisen in moeilikheid na kommentaar oor sy eks-vrou