Maklike pannekoekresep

Deel hierdie storie / Share this story

Dis koud en wat is beter as pannekoek wanneer daar ‘n briesie in die lug is?

BESTANDDELE:

2 koppies(500 ml) koekmeelblom

2 eiers

halwe teelepel sout (2.5 ml)

1 teelepel (5 ml) bakboeier

halwe koppie (125 ml) kookolie

1 eetlepel (15 ml) asyn

1 koppie (250 ml) melk

2 koppies (500 ml) water

bietjie olie vir bak

suiker en kaneel na smaak

METODE:

Meet al die bestanddele saam af in een bak en meng vir 10 minute baie goed met ‘n klitser.

Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant.

Strooi kaneelsuiker oor na smaak of maak enige vulsel om die pannekoeke te vul.

BRON:

www.bakenbrou.co.za

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Maak pastoriehoender by die huis