Maak hierdie maklike, vinnige eenbakgereg sommer vir vanaand. Die gereg het sy naam gekry omdat dit ‘n tipiese dis is wat die dominee se vrou voor kerk in die oond kan druk en as sy by die huis kom, is die kos klaar.
Bestanddele
1 ui, in blokkies gesny
250 g spek, in repies of blokkies gesny
250 g sampioene, opgesny
1 liter hoenderaftreksel
1 teelepel hoenderspeserye
1 teelepel tiemie of gemengde kruie
2 koppies rys
hoenderstukke
blatjang
Metode
Braai die ui in ‘n bietjie botter en olyfolie.
Voeg die spek by en braai.
Voeg die sampioene by en braai.
Voeg die hoenderaftreksel en speserye by en kook vir 5 minute.
Voeg die hoenderstukke en rys by en kook vir 15 minute.
Smeer die hoenderstukke met blatjang, en plaas in ‘n oondvaste bak in ‘n oond wat tot 180 ° Celsius verhit is.
Bak vir 1 uur.
Resep: RSG
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



