Oekraïne: bom ontplof by Kharkiv-busstasie

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mense, insluitend ‘n tiener, is Woensdag dood in ‘n Russiese aanval op ‘n busstasie in Kharkiv.

’n Bejaarde egpaar – ’n 69-jarige man en ’n 68-jarige vrou – en ’n 13-jarige seun, wat saam met sy 15-jarige suster by die busstasie was, is dood.

Die seun se suster is beseer en hospitaal toe geneem, het die nooddiens gesê. ’n 72-jarige vrou is ook beseer.

Die pa van die 13-jarige seun het agterna op sy knieë langs sy seun se liggaam op die grond gesit en bid.

Volgens die Kharkiv-streeksaanklaer se kantoor is die ontploffing met ‘n Hurricane-salvovuurpylstelsel uitgevoer.

Bronne: MSN, Euronews, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Moet nog nie jou wintersklere wegpak nie, nog sneeu die naweek verwag