‘n 3-jarige seun is in kritieke toestand in die hospitaal nadat hy amper in Yellowwood Park verdrink het.
Volgens Garrith Jamieson, van ALS Paramedics, het die seun se ma hom van verdrinking gered. Die gemeenskap sowel as sy familie het haar gehelp.
Dit is onbekend wat daartoe gelei het dat die seun in die water beland het.
Bronne: IOL, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Giel van Deventer se liggaam gevind



