Daria Doegina, ‘n joernalis en die dogter van Russiese ultra-nasionalis Alexander Doegina en vriend van Wladimir Poetin, is Saterdagaand in ‘n karbomaanval oorlede.
Rusland het Oekraïne blameer vir haar moord en het gesê hulle wou haar pa, wat saam met haar in die kar sou wees, teiken. Alexander se idees oor ‘n “nuwe Rusland” het glo Wladimir Poetin inspireer om die Krim in 2014 te annekseer.
Daria en haar pa was by ‘n fees in Moskou waar hy ‘n lesing gegee het. Hulle sou in dieselfde kar gery het, maar het op die laaste nippertjie hulle planne verander. Alexander het gesien hoe sy dogter se kar ontplof toe sy wegry.
Volgens Rusland se Federal Security Service was ‘n Oekraïense vrou, wat glo met die sekuriteitsdienste in Kijif verbind is, verantwoordelik vir die bomaanval.
Volgens die FSB het die vrou in Julie by Daria Doegina se gebou saam met haar jong dogter ingetrek. Sy het glo daarna vir Daria gevolg met verskillende nommerplate op haar voertuig.
Oekraïne het die aantygings ontken en het glo gesê dit was Rusland se eie sekuriteitsdiens wat haar vermoor het.
Bronne: BBC, CNN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Ma red 3-jarige van verdrinking



