Hier is ‘n lekker resep vir kluitjies wat jy bo-op ‘n bredie of ‘n potjie kan maak.
Bestanddele:
625 ml (2,5 k) bruismeel
1 knoffelhuisie fyngedruk
½ t aangemaakte mosterd
2 t vars fyngekapte pietersielie
60 ml (¼ k) olie
½ t sout
1 t gemengde kruie
150 ml koue water
Metode:
Meng alles om sagte deeg te vorm.
Vorm 12 bolletjies en pak op vleis. Bak nog 20-25 min oop by 180 °C. (Ek gebruik ‘n bietjie meer water en skep lepelsvol op die vleis. Ek sal dit volgende keer weer eerder met die deksel op bak vir ‘n natter kluitjie.)
Bron: Erna van der Merwe, Huisgenoot Wenresepte
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



