Die wiskundige Stefan Mandel van Australië het die boerpot 14 keer gewen – en dit sonder om enige wette te oortree.
Daily Mail berig Mandel het ‘n formule uitgewerk om die lotto te wen.
Mandel het die formule begin uitwerk toe hy in Romenië gewerk het. Hy het die eerste vyf nommers van die lotto in Romenië met die formule uitgewerk en die sesde nommer geraai.
Hy het daar toe reeds ‘n groot prys gewen en kon met sy gesin na Australië verhuis. Met sy aankoms in Australië het hy die formule by die Australiese lotto aangepas.
Nadat hy 12 keer gewen het, het Australiese owerhede begin lont ruik.



