Chinese ‘influencer’ sterf toe hy uitdaging regstreeks aanlyn doen

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Chinese man het op 2 Junie die tweede influencer geword wat in twee maande dood is terwyl hulle ‘n aanlyn uitdaging regstreeks gedoen het.

Daily Mail berig die 27-jarige Zhong Yuan Huang Ge, ook bekend as Brother Huang, is dood van oormtige alkoholgebruik.

Sy dood is deur sy vrou op die nuuswebwerf Jimu News bekendgemaak.

Huang het glo probeer geld bymekaarmaak om sy skuld af te betaal.