‘n Man (42) se liggaam is Maandag 5 Junie omstreeks 08:00 in die Booysens Park-gemeenskapsaal in Chatty, Gqeberha gevind.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die opsigter het die oggend die gemeenskapsaal oopgesluit en na bewering tydens inspeksie op die liggaam van die man afgekom.
Chatty-polisie was op die toneel en ‘n dossier vir ‘n geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
Daar word beweer dat die oorledene deur die dak geval en aan sy beserings gesterf het.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



