Drie persone wat Saterdag 3 Junie 2023 om ongeveer 13:50 ‘n begrafnis in Forrest Hill-begraafplaas in Gqeberha bygewoon het, het skietwonde opgedoen.
Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê volgens inligting tot die polisie se beskikking het ‘n groep onbekende mans op die begrafnisgangers geskiet.
Die eienaar van ‘n wit Suzuki sewe sitplek voertuig het van die begraafplaas weggery toe hy skote hoor. ‘n Rooi Isuzu- dubbelkajuit bakkie het skielik in hom vasgery en hy het teen ‘n boom gebots. Daar is gevind dat die passasier in die rooi Isuzu geskiet is.
Nog twee slagoffers wat glo tydens die skietery weggehandloop het, is by ‘n nabygeleë huis in Orange Grovestraat gevind.
Al drie die beseerde mans is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Drie sake van poging tot moord word ondersoek.
Maj.genl. Vuyisile Ncata, Nelson Mandelabaai-distrikskommissaris, het die insident veroordeel en het die spoedige aankeer van die skuldiges beveel.
“Such cold heartedness by thugs at such a solemn and sad occasion will not be tolerated. We are appealing to anyone who can assist us in identifying these culprits to contact SAPS Humewood on 074 430 6048 or 08600 10111 or the nearest police station.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



