‘n Vrou het Sondagaand by haar huis in Makhalestraat, Cottonlands, KwaZulu-Natal vermoedelik selfdood gepleeg.
Reaction Unit South AFrica sê die vrou is gevind waar sy in ‘n buitegebou op haar perseel hang.
Haar man het Reaction Unit South Africa ongeveer 19:07, nadat hy haar gevind het, gekontak.
Met aankoms op die toneel het hy aan die beamptes verduidelik dat hulle glo oor ‘n finansiële kwessie gestry het, en sy het uit die hoofgebou gestap.
Hy het haar ‘n kort rukkie later gaan soek en haar gevind waar sy glo aan ‘n tou aan ‘n dakbalk in ‘n buitegebou hang.
Haar man het glo die tou gesny en haar liggaam tot op die grond laat sak, waarna hy gebel het vir hulp.
Indien jy hulp nodig het of weet van iemand wat hulp benodig, kontak die volgende nommer:
**Suicide Hotline 0800 567 567.
**24hr Helpline 0800 12 13 14.
**SMS 31393 (en ‘n SADAG berader sal jou kontak)
**’n Simpel “deel” of kopieer en plak mag dalk iemand se lewe red.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



