Ondersoeker in Thabo Bester-saak dood

Deel hierdie storie / Share this story

Een van die SAPD-ondersoekers in die Thabo Bester-saak is dood.

Die nasionale polisiekommissaris genl. Fannie Masemola het die senior beampte se dood Maandagaand bekendgemaak.

Omstandighede rondom die beampte, wat ook die provinsiale hoof verantwoordelik vir georganiseerde misdaad in die Vrystaat, se dood word ondersoek.

Volgens die SAPD is sielkundiges aangestel om die lid se familie en kollegas te ondersteun.

Die lid was vir 31 jaar deel van die SAPD.

Sy identiteit sal bekend gemaak word sodra die familie in kennis gestel is.