Kinders ontdek fetus in broodsak

Deel hierdie storie / Share this story

Kinders wat Maandagmiddag by ‘n stortingsterrein in Magwaveni, KwaZulu-Natal, gespeel het, het op ‘n fetus in ‘n broodsak afgekom.

Inwoners het Reaction Unit South Africa (Rusa) om ongeveer 16:54 in kennis gestel van die ontdekking.

Die fetus was glo in die vroeë ontwikkelingstadium.

Die Tongaat-polisie ondersoek die saak.