Drie mans verskyn in hof vir moord op vrou buite Wynberg-landdroshof

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mans het vandag in die Wynberg-landdroshof verskyn vir die moord op ‘n vrou buite die hof op 25 Mei 2023.

Eric Ntabaxalila, woordvoerder vir die NVG, sê die verdagtes, wat hul verkieslik nie geïdentifiseer wil hê nie, is vir moord, poging tot moord, onwettige besit van ‘n vuurwapen en owettige besit van ammunisie aangekla.

Die saak is tot 13 Junie 2023 uitgestel sodat beskuldigde een die dienste van ‘n prokureur kan bekom.

Die staat sal die borgaansoeke teenstaan.

Adv. Nicolette Bell, direkteur van openbare vervolgings in die Wes-Kaap, sê die NVG is hartseer oor die moord op die vrou wat in die nabyheid van die hof geskiet is.

“At the time of her death, she was not a witness but an accused person who appeared in a murder matter. The NPA regards the safety of all witnesses, its staff, court personnel, and all persons who appear in a court of paramount importance. To this end, a voluntary witness protection service is available to witnesses. Any witness who has reason to believe that his or her safety or that of any related person is being threatened by any person may report the matter and the witness shall be assisted in his or her application for protection,” het Bell virseker.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.