Vyftien in hegtenis vir beweerde onwettige mynbedrywighede

Deel hierdie storie / Share this story

Die vyftien verdagtes wat Donderdag vir beweerde onwettige mynbedrywighede in Mecklenburg in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Praktiseer-landdroshof verskyn.

Volgens die polisie is die verdagtes in Mecklenburg by ‘n private sekuriteitsmaatskappy by die Clapham-myn in hegtenis geneem.

Die agt mans en sewe vroues is glo op heterdaad betrap toe hulle chroom ondergronds uitgegrawe het.