Voertuig beland in stroom, insittendes val uit

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Voertuig het laat Vrydagmiddag 2 Junie 2023 in Buffelsdraai, KwaZulu-Natal in ‘n stroom water beland.

Reaction Unit South Africa sê twee persone is tydens die insident beseer.

Die voertuig het gerol en in ‘n stroom beland.

Lede van Reaction Unit South Africa het omstreeks 18:09 op die toneel aangekom.

Na bewering het die bestuurder van ‘n rooi Ford Figo op ‘n draai beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol en in die water beland het.

Beide insittendes is uit die voertuig geslinger en is beseer. Hulle is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.