Hierdie brood is ‘n gunsteling by enige geleentheid, veral ‘n braai.
Jy kan dit klaargemaak by die supermark koop, maar dit is verspot maklik om te maak en kos jou dan heelwat minder.
Bestanddele
1 Franse brood OF BRIOCHE BUNS
110 g botter
20 ml van jou gunstelingkruie (droë kruie)
sap van ‘n ¼ suurlemoen
swartpeper
fyngekapte knoffel na smaak (of los uit)
Metode
Room die botter saam met die kruie, swartpeper en knoffel.
Sny skuins snye, driekwart deur die brood. Die snye moet omtrent 1,5 cm dik wees.
Smeer die bottermengsel in die snye.
Smeer gewone botter bo-op en langs die kante van die brood.
Draai die brood toe in foelie.
Bak die brood vir 10 minute by 220ºC.
Stel die oond af tot by 200ºC, vou die foelie oop en laat die brood vir nog 8 minute bak tot dit mooi bruin en bros is.
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



