Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis vir besit van dwelms in Welkom
Die polisie bied ’n beloning van R50 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van die verdagtes verbind aan die moord op Warren Samual Rhoode (30).
Rhoode se liggaam is op 22 April naby Sandelhoutstraat, Thubelitsha in Delft met verskeie steekwonde gevind.
Sy voertuig, ‘n swart VW Polo, waarmee hy ten tyde van sy dood gery het, is steeds vermis. Die polisie vermoed Rhoode is in ‘n rooftog vermoor, moontlik in die Delft-gebied. Kontak kol. Eddie Clark by 082 469 1531 of skakel 08600 10111 as jy inligting oor die moord het.
Bronne: SAPS
Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis vir besit van dwelms in Welkom



