Lees ook: ‘Ons gaan nie Poetin in hegtenis neem nie’ – Fikile Mbalula
Die DA is op pad hof toe om die regering te dwing om die Russiese president Wladimir Poetin in hegtenis te neem wanneer hy in Augustus in Suid-Afrika is vir die BRICS-beraad.
Dit volg na die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, diplomatieke immuniteit vir diegene wat die BRICS-beraad bywoon, afgeteken het. Die departement het gesê die immuniteit is vir die beraad en nie vir spesifieke individue nie. Die DA is op pad hof toe om die regering te dwing om die Russiese president Wladimir Poetin in hegtenis te neem wanneer hy in Augustus in Suid-Afrika is vir die BRICS-beraad.
Die internasionale strafhof het ‘n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van Wladimir Poetin vir oorlogsmisdrywe.
Die DA vra die Gautengse hooggeregshof vir ‘n verklarende bevel dat Poetin in hegtenis geneem sal word as hy in Suid-Afrika is en dat hy aan die regte owerhede oorhandig sal word.
Bronne: eNCA, SABC, DA.org
Lees ook: ‘Ons gaan nie Poetin in hegtenis neem nie’ – Fikile Mbalula



