Lees ook: Meer mense kan werke verloor oor beurtkrag – Ramokgopa
Elektrisiteitsminister Kgosientsho Ramokgopa het vandag herhaal “dit is tegnies onmoontlik om beurtkrag te beëindig teen die einde van die jaar”. Hy het gesê die beurtkrag sal waarskynlik op laer vlakke wees, maar steeds bestaan.
Dit volg na die minister van energie, Gwede Mantashe, weer tydens ‘n onderhoud met 702 gesê het beurtkrag sal teen Desember iets van die verlede wees as die energiebeskikbaarheidsfaktor drasties verbeter.
Ramokgopa het gesê die energiebeskikbaarheidsfaktor is tans op 55% en sal moontlik op 60% wees teen die einde van die jaar, nie op 70% wat die nuwe Eskom-raad veronderstel is om te hê nie.
Bronne: Cape Talk, ECR, EWN, Head Topics
Lees ook: Meer mense kan werke verloor oor beurtkrag – Ramokgopa



