‘Ons gaan nie Poetin in hegtenis neem nie’ – Fikile Mbalula

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: EFF sê hulle sal Wladimir Poetin beskerm as dit moet

Die ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalula het aan die BBC joernalis, Stephen Sucker, gesê die ANC gaan nie die Russiese president Wladimir Poetin in hegtenis neem wanneer hy in Augustus in Suid-Afrika gaan wees vir die BRICS-beraad nie.

Mbalula het gesê die ANC gaan Poetin ’n warm verwelkoming gee wanneer hy in Durban land. Hy het gesê die land gaan nie geboelie word om ’n president in hegtenis te neem vir beweerde oorlogsmisdade wanneer die VK en Amerika niks oorgekom het toe hulle Irak en ander lande ingevaar het nie.

Die internasionale strafhof het vroeër die jaar ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van Poetin uitgereik vir beweerde oorlogsmisdade weens die Rusland-Oekraïne oorlog.

As ’n lid van die internasionale strafhof is Suid-Afrika veronderstel om Poetin in hegtenis te neem as hy hier land maar die ANC het so vêr geweier om dit te oorweeg. Die EFF het ook gesê hulle sal Poetin beskerm teen dié wat hom wil in hegtenis neem.

Bronne: IOL, Flipboard, YFM, VN Explorer

Lees ook: EFF sê hulle sal Wladimir Poetin beskerm as dit moet