Lees ook: Groot Brakrivier-boer in hegtenis na man glo in gesig geskiet is
Die EFF-leier, Julius Malema, het Donderdag tydens ‘n perskonferensie gesê die EFF sal die Russiese president Wladimir Poetin beskerm wanneer hy in Augustus na Suid-Afrika kom vir die Brics-beraad.
Dit volg na die Internasionale Strafhof (ICC) ‘n lasbrief uitgereik het vir die inhegtenisneming van Poetin vir die inval van Oekraïne.
Volgens SABC News het Malema gesê hy wil hê die ICC moet hulle skynheiligheid uit Suid-Africa hou en die land sal hulle vriende beskerm.
Hy het ook gesê ander wêreldleiers soos Barack Obama, George W Bush en Tony Blair is nooit oor hulle “misdrywe” aangevat nie.
Bronne: ECR, Mail & Guardian, Briefly
Lees ook: Groot Brakrivier-boer in hegtenis na man glo in gesig geskiet is



